|
Die roete begin aan die voet van die Langeberge en bied ‘n uitdaging aan enige 4x4 entoesias en sy familie. Pragtige natuurskoon met mooi fynbos en ‘n uitsig oor die pragtige Tradouw Vallei in Barrydale. Bo-op kan lekker gebraai en gekuier word in die lapa. (Sien foto’s) --- klein afkoelpoeletjie, toilet met pragtige uitsig. Die avontuurliefhebbers kan bo-op die berg oornag as verkies. By die beginpunt van die roete is kampering beskikbaar. Vir diegene wat onderdak wil wees, is daar ‘n “backpackers” huis. Die roete kan ook dien as ‘n staproete. Diegene sonder besit van ’n 4x4 voertuig kan met die eienaar se voertuig (unimog en/of Toyota Land Cruiser) opgeneem word vir ‘n dag- uitstappie.
|